Liefdesverhale
Laat Vrugte
Deur C. M. Van Den Heever
Laat Vrugte, wat gereken word as C.M. van den Heever se beste roman, speel af op ‘n plaas in eerste dekades van die twintigste eeu en handel oor die diep menslike verhaal van die boer genaamd Sybrand, sy seun Henning en ander karakters na aan Sybrand.
Sybrand is ‘n hardvogtige man wat glo in harde werk om vooruit te kom, maar ten koste van medemenslikheid. Hy verneder sy vrou Betta sodat sy basies soos ‘n huisbediende vir hom word en verder behandel hy sy seun Henning amper asof hy ‘n slaaf op die plaas is.
Somer
Deur C. M. Van Den Heever
Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy voortbestaan, word in hierdie novelle van C.M. van den Heever tot ‘n spannende klimaks gedryf.
Dit is hoogsomer en tyd om die koring te oes op Oom Tom se plaas voor die hael dit afslaan. Die plaas het eers aan sy voorsate behoort, maar nou besit hy ‘n deel, sy broer Frans ‘n deel en ‘n buitestaander, Faan, ‘n ander deel. Faan het die stuk grond gekoop van Tom se ander broer wat uitgeboer het. Faan se seun, Hannes, het ‘n ogie op Tom se pragtige sewentienjariger dogter, Linda.