Tuiste van Afrikaanse Boeke

NUWE PUBLIKASIES

Laat Vrugte

Deur C. M. Van Den Heever

Laat Vrugte, wat gereken word as C.M. van den Heever se beste roman, speel af op ‘n plaas in eerste dekades van die twintigste eeu en handel oor die diep menslike verhaal van die boer genaamd Sybrand, sy seun Henning en ander karakters na aan Sybrand.

Sybrand is ‘n hardvogtige man wat glo in harde werk om vooruit te kom, maar ten koste van medemenslikheid. Hy verneder sy vrou Betta sodat sy basies soos ‘n huisbediende vir hom word en verder behandel hy sy seun Henning amper asof hy ‘n slaaf op die plaas is.

Lees verder

Somer

Deur C. M. Van Den Heever

Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy voortbestaan, word in hierdie novelle van C.M. van den Heever tot ‘n spannende klimaks gedryf.

Dit is hoogsomer en tyd om die koring te oes op Oom Tom se plaas voor die hael dit afslaan. Die plaas het eers aan sy voorsate behoort, maar nou besit hy ‘n deel, sy broer Frans ‘n deel en ‘n buitestaander, Faan, ‘n ander deel. Faan het die stuk grond gekoop van Tom se ander broer wat uitgeboer het. Faan se seun, Hannes, het ‘n ogie op Tom se pragtige sewentienjariger dogter, Linda.

Lees verder

Roepstem van die Horison

Deur Johann Bacher

‘n Versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher

Roepstem van die Horison is ‘n versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher (1937 – 2007). Johann Bacher was ‘n polisieman van beroep wat altyd na aan die natuur geleef het, maar voorts ‘n besondere mens in die sin dat hy ‘n uitstekende sportman was met Springbokkleure in amateurstoei en provinsiale kleure in stoei, boks, atletiek en swem, ‘n gesinsman, natuurkenner, jagter van formaat, maar ook skrywer en digter.

Lees verder

Pieter Plaasmuis en Stefan Stadsmuis

Deur Beatrix Potter

Pieter Plaasmuis beland per ongeluk in ‘n deftige huis in die stad waar hy gou vriende maak met Stefan Stadsmuis.

Daar is elegante en formele etes, allerhande smullekker kosse om van te droom, gerieflike slaapplek… maar daar is ook ‘n kat wat muise jaag, ‘n kok wat nie van muise hou nie, ‘n vreeslike gerumoer die hele dag lank…

Lees verder

Gebed vir Nog ‘n Nuwe Dag

Deur J. H. Jowett

‘n Gebed vir Elke Dag van die Jaar

Gebed vir Nog ‘n Nuwe Dag bevat ‘n kort gebed vir elke dag van die jaar om jou gebedslewe te lei en te vervul. Hierdie gebede dring reguit deur na jou hart se diepste kamers en open jou oë vir die allesomvattende liefde van Jesus Christus deur jou te leer om te luister en stil te wees in die Here.

Lees verder

Loeloeraai

Deur C. J. Langenhoven

Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre.

Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, Engela, oom Stoffel, Watwo en Herrie, Kerneels se mak olifant. Dan is daar Loeloeraai, ‘n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Die gereg wil hom egter in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het…

Lees verder

Boeke in die Kollig
  • Roepstem van die Horison
    Deur Johann Bacher ‘n Versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher Roepstem van die Horison is …
  • Somer
    Deur C. M. Van Den Heever Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy …
  • Pieter Plaasmuis en Stefan Stadsmuis
    Deur Beatrix Potter Pieter Plaasmuis beland per ongeluk in ‘n deftige huis in die stad waar hy gou vriende maak …
Web Analytics Made Easy - StatCounter