Tuiste van Afrikaanse Boeke

humor

Loeloeraai

Deur C. J. Langenhoven

Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre.

Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, Engela, oom Stoffel, Watwo en Herrie, Kerneels se mak olifant. Dan is daar Loeloeraai, ‘n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Die gereg wil hom egter in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het…

Lees verder

Boeke in die Kollig
  • Gebed vir Nog ‘n Nuwe Dag
    Deur J. H. Jowett ‘n Gebed vir Elke Dag van die Jaar Gebed vir Nog ‘n Nuwe Dag bevat ‘n …
  • Somer
    Deur C. M. Van Den Heever Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy …
  • Laat Vrugte
    Deur C. M. Van Den Heever Laat Vrugte, wat gereken word as C.M. van den Heever se beste roman, speel …
Web Analytics Made Easy - StatCounter