Tuiste van Afrikaanse Boeke

Vrae

Waar kan ek julle boeke aankoop?

Ons boeke is op die oomblik slegs op die Internet beskikbaar. As jy in ‘n spesifieke boek belangstel, kliek op die boek om die volle boek-inligting te besigtig. Daar sal jy kan sien in watter media-formate die boek beskikbaar is en jy sal ook die skakels vind na ons vennote wat die elektroniese handel en die aflewering vir ons
hanteer.

Is dit veilig om julle boeke op die Internet aan te koop?

Ja, absoluut! Ons vennote wat die elektroniese handel en die aflewerings hanteer is bekende en gerespekteerde maatskappye wat aanlyn-transaksies slegs in die mees veilige omgewings hanteer. As jy meer vrae het, gaan loer gerus op hulle webwerwe om te sien hoe hulle die bestellings hanteer.

Hoe lank neem dit voordat ek my boek ontvang?

Aflaaibare e-boeke en oudio-boeke is dadelik na suksesvolle
afhandeling van die aankoop-transaksie beskikbaar om afgelaai te word. Vir gedrukte boeke en oudio-boeke op CD moet jy eers by ons vennoot wat die boek verkoop uitvind hoe lank die bestelling sal duur. Gewoonlik gee hulle reeds ‘n aanduiding wanneer jy die boek bestel. Dit hang ook af van die metode van pos-bestelling wat gebruik word. Onthou asb. dat posgeld gewoonlik addisioneel gehef word tot die prys van die boek (dit geld gewoonlik nie vir aflaaibare boeke in elektroniese formate nie.)

Boeke in die Kollig
  • Somer
    Deur C. M. Van Den Heever Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy …
  • Loeloeraai
    Deur C. J. Langenhoven Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die …
  • Roepstem van die Horison
    Deur Johann Bacher ‘n Versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher Roepstem van die Horison is …
Web Analytics Made Easy - StatCounter